Food Demonstrations, Catering and Pre Packed Gourmet Goodies

Thursday, December 22, 2011

EASY CHRISTMAS PUDDING

MERINGUE KERSFEES KAAS KOEK
N ietsie soets is nou maar eending waarsonder ons Suid Afrikaners net nie kan klaar kom nie. Veral nie met n groot geleendheid soos Kersnaweek nie!
Met die voorspelde warm temperature gedurende hierdie naweek – kan jy seker maar n bietjie wegskram van die tradisionele gebakte of gestoomde kerspoeding en iets meer ligs en maklik voorsit.
Nie net sal jou gaste gaande daaroor wees nie – maar ook jy sal verlig wees met die min en maklike takie om jou Kers ete met n 'grand finale' af te rond.
MAKLIKE MERINGUE KAAS KOEK 3 ewegroot meringue wiele (die groote van n hoofgang bord)
2 blikkie kondensmelk
2 x 250 g gladde room kaas – kamer temperatuur
300 ml suurlemoen sap
5 ml vanilla geursel
2 blikkies granadella pulp
fun gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 pakkie vars aarbeie
2 pakkies vars blou bessies
1 pakkie vars appelliefies

Room die maaskaas met n plastiek spatula to heeltemal sag en heeltemal glad
Voeg die kondensmelk bietjies gewys by todat n gladde mengsel gevorm het
Voeg nou die suurlemoen bietjies by en meng goed
Laastens meng die granadilla pulp, vanilla geursel en die suurlemoen skil by
Meng goed
Laat staan die mengsel in die yskas vir tenminste 20 minute voor gebruik
Sif n dun lagie kakao poeier bo-oor die meringue skywe.
Op die boden van n koek staander – smeer n klein sirkel van die maaskaas mengsel
(dit help dat die koek mooi op die bord vas sit en nie rondskyf nie)
Plaas nou die eerste meringue laag bo-op.
Smeer een derde van die kaas mengsel bo op die meringue en plaas van die bessie bo-op
Plaas nou die volgende meringue laat bo- op en herhaal.
Voltooi die koek met die laaste kaasmengsel en bessies bo-op.
Versier met vars mint en fyngekapte wit en donker sjokolade
Bedien dadelik.

TIPS Gebruik ook ander vars vrugte in seisoen soos pynappel, kersies of vye.
Gekapte vars mint kan ook tussen die lae ingesit word
Versuikerde vrugte of tradisionele kersfees koek mengsel kan gebruik word ipv vars vrugte.
Die kaaskoek mengsel sal die meringue uiteindelik sag maak indien dit lank staan – verf dus die meringue vooraf met wit (of donker) sjokolade – dit sal verhoed dat dit gou sag word en hoef nie dadelik te bedien word nie.
Die kaaskoek mengsel sal goed in die yskas hou vir 5 – 6 dae.

No comments:

Post a Comment

About Me

My photo
Fairfield Foods, owned by Karen McEwan Cater for all Functions, Present Food Demonstrations aswell as Domestic Kitchen/Restaurant Staff Training.